![]() |
|||||||||||||||||
|
Oorsig oor die streek Stellenbosch is die hart van die Suid-Afrikaanse wynbedryf, ’n dorp vol skoonheid en kultuur. Die Stellenbosse Wynroete is die eerste, en die bekendste in die land en sluit 106 kelders in. Terwyl jy ons wonderlike Suid-Afrikaanse wyne geniet, sal jy iets proe van ons Suid-Afrikaanse lewenswyse. Universiteit Stellenbosch het sportfasiliteite van wêreldgehalte. Die dorp bied feitlik elke buitemuurse aktiwiteit aan: verskeie skilderagtige staproetes in die berge wat jou 360° panoramas van die wynlande en die Kaapse Skiereiland bied, gewilde bergfietsroetes en ses waarlik wonderlike gholfbane in die omringende omgewing. As ’n ryk kultuursentrum, het Stellenbosch baie kunsgalerye en museums wat belangrike kunsversamelings huisves en die Stellenbosch Konservatorium is die oudste musiekskool in die land. Een van die hoogtepunte op die lente-almanak is aarbeie-pluk op Mooiberge en Polkadraai. Stellenbosch bied geleenthede om wildlewe waar te neem by onder andere die Drakenstein Leeupark, Butterfly World en die Krokodilplaas, maar ook om in aanraking te kom met jagluiperds en roofvoëls by Spier. Die R44 kronkel deur die wynlande, langs een van die skilderagtigste kusroetes in die wêreld tot in Hermanus op die bekende walvisroete.
|
||||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||||