![]() |
|||||||||||||||
|
Welkom by Rosenview Gastehuis By Rosenview Gastehuis, op ‘n plaas in die wynland, genestel in die skadu van Helderberg, kan gaste hulself koester in die vrede en kalmte, terwyl hulle ’n tradisionele plaasontbyt geniet, persoonlik voorberei deur hul gashere, Gawie en Estelle Bruwer. Daar is twaalf ruim dubbelkamers met en suite-badkamers, asook twee gesinseenhede (vyf mense per eenheid). Elke kamer is toegerus met lugversorging, koffie-maak-fasiliteite en ’n welwillendheidskroeg in die yskas. Met die swembad, piekniek en braai-areas, voël-kyk-tuine met groot, oop grasperke en skaduryke bome, beloof Rosenview vir jou ’n ontspanne en heuglike verblyf. Rosenview beskik oor 'n luukse 15 + 2 sitplek 4 ton Mercedes Sprinter bus met dieselfde uitleg as 'n passasiers vliegtuig se passasierskajuit, sitplekke met terugleun-aksie "reclining seats" en baie meer beenspasie as in ekonomiese klas. Elke passasier het ook sy eie leeslig en lugverkoeling met oorhoofse bagasie rak.
|
||||||||||||||
![]() |
|||||||||||||||